Kom ons bring Rustenburg se jeug terug

Jeugfees 2019

Dit was voorwaar 'n ongelooflike week van social, vriende, pizzas en tye saam die Here. Met groot opgewondenheid het tieners Sondagaand (30 Jun) saamgetrek Agapé Gemeente toe waar dit die groot afskop was van een van die grootste tienerfeeste van die jaar - Jeugfees! Tieners van Rustenburg het reeds vooraf geregistreer vir hierdie week waar elke tiener, en ook jongvolwassenes met 'n verwagting in hul hart opgedaag het. Ons het verskeie sprekers regdeur die week gehad wat die tieners kom toespreek het oor sekere tiener issues waarmee hulle sukkel. Sprekers soos Tertius Niewoudt (Oase Gemeente), Neville D (Gospel Skouspel), Gretha Wiid en Willem Engelbrecht (Jo Black se boetie) kon nie glo hoe tieners hulle vakansie opoffer om hierdie fees by te woon nie. Daar was ook verskeie bands wat deur die week tieners in aanbidding gelei het. Baie dankie aan elkeen wat hierdie fees bygewoon het! Ons sien met afwagting uit na wat alles in ons dorp gaan gebeur! Hier is nog groot dinge oppad! Komende Sondagaand (14 Julie) skop ons Aandkerk om 18:00 vir die kwartaal af en sien ons met groot opgewondenheid uit na Kapt. Jan Combrink wat ons kom bedien. Hy praat oor die tema: The World needs a Father. Maak seker dat jy dit nie mis nie. Ons skop ook Vrydagaand af met ONE80 Jeug. Propvol geleenthede vir jou of jou tiener om te connect met God.








0 views

99 Cuckoo Laan

safarituine

Rustenburg

0299

DIENSTYE

SONDAE 10:00 en 18:00

VOLG ONS