OOR ONS
Agapé is een van 31,000 gemeentes van die Church of the Nazarene International. Ons is dus deel van 'n wêreldwye familie, wat in 160 lande die Evangelie bedien. Ons het onder andere 750 voltydse sendelinge, 55 Universiteite en Bybelkolleges, en ons groei elke jaar met 145,000 nuwe lidmate.
Agapé word gelei deur verskeie spanne wat op verskillende vlakke God se hart en visie vir ons gemeente soek. Ons Kerkraad word elke vier jaar deur ons lidmate verkies, om ons gemeente se volle potensiaal te ontwikkel en ons groeiend in die regte rigting te lei. Die Kerkraad stel ons leraars en voltydse bediening-span aan, terwyl 'n Dagbestuur - wat uit Kerkraadslede en Personeel bestaan, die dag-tot-dag sake van die gemeente hanteer.
ONS VOLTYDSE BEDIENGSPAN

Dawie de Koker
Hoof Leraar - Gemeente Leiding
Dawie is reeds 21-jaar die leier van ons gemeente, en hou ook toesig oor ons kampusse.
Susan Booth
Gesins- en Kinderleraar
Susan hanteer die herderlike versorging in ons gemeente, wat gesinne en veral kinders insluit.

Dawie van Schoor
Dissipelskap Leraar
Dawie is reeds 11-jaar by Agapé en fasiliteer al die geestelike groei-prosesse en kursusse.
Martin Strydom
Jeugleraar
Martin is reeds 7-jaar by Agapé en is ons leraar vir alle tieners en jongvolwassenes.

Juan van der Walt
Kreatiewe Leier
Juan lei al ons visuele en multimedia-spanne, om ons gemeente 'n dieper ervaring met God en mekaar te bied.

Hannes Pfeifer
Fasiliteit-bestuurder
Hannes en sy span sorg dat ons gebou en lokale altyd gereed en voorbereid is vir bediening.
Administrasie
Mart-marie, Leonie en Martie beman ons admin-kantoor met alles wat daarmee saamgaan.

Internskap Studente
Keenan, Franco, Pieter-Joshua en Armand is voltyds in teologiese opleiding - en deel van ons span.