BEDIENINGe

GASVRYHEID
Het jy 'n glimlag wat ALMAL
laat welkom en tuis voel?
Hierdie is die bediening vir jou

MUSIEK
Aanbidding is een van die 5 pilare van ons gemeente. Alhoewel aanbidding meer as sing is, is sing ‘n spesiale manier van aanbidding, wat ons as gemeente sáám doen. Indien jy ‘n instrument kan bespeel, of sangtalent ontvang het - meld aan by i-desk, vir ‘n oudisie!

TEGNIES
Alhoewel ons “kerk” so spontaan en organies as moontlik wil hou, speel tegnologie tog ‘n belangrike rol in ons lewens. Om effektief te kommunikeer in ons dag en tyd, verg tegnologie. Indien jy tegnies vaardig is, meld aan by die i-desk, ons sal jou help met indiens-opleiding.

BARM HARTIGHEID
UITREIKE
Ons is ‘n “verskilmaak-gemeente” en ons gee geweldig om oor ons gemeenskap. Buiten die week-tot-week aktiwiteite waarin ons glo ons Rustenburg ‘n beter plek maak, reik ons ook eenmaal per maand uit na ander “verskilmaak-plekke” soos ouetehuise, kinderhuise, huise vir gestremdes, karwagte, hospitale ens. Wees deel hiervan! Meld aan by die i-desk.

INTERSESSIE
Hier gebruik ons die magtige krag van gebed om die wêreld te verander. En ons glo wérklik daar IS krag in gebed.

JEUG & KINDERS
Meeste persone wat kragtig deur God gebruik was in die Bybel - was jongmense! Ons wil kinders WEN vir Jesus, TOERUS vir dissipelskap, en hulle UITSTUUR as dissipelmakers.