WIE IS
Agapé
Gemeente
Agapé is ‘n groeiende gemeenskap van Jesusvolgelinge wat d.m.v. bediening, evangelisasie, dissipelskap en aanbidding die Jesus-verskil maak in Rustenburg, Buffelspoort, Potchefstroom en Swartruggens.
Ons is passievol lief vir God, dien Mense en kies die Lewe! Ons glo dat om Jesus met oorgawe te volg, die grootste avontuur is wat jy ooit sal beleef. Slegs in ‘n dinamiese verhouding met Hom, sal jy ooit jou volle potensiaal kan bereik en ware vervulling smaak. (Joh 10:10).
Agapé bied iets vir almal - vanaf babas tot senior burgers. Vind uit op watter maniere ons jou lewe kan verryk, deur ons vele bedieninge.